Namakwa-distrik nuwejaar op ‘n effense negatiewe noot binneggaan

"Toetsyfers het nie werklik afgeneem nie, maar het redelik konstant gebly"

0

“Die Namakwa-distrik het die nuwejaar op ‘n effense negatiewe noot binneggaan, maar vanaf die derde week van diè jaar, is daar lig te sien.”

Dit is volgens Dina Beukes, distrik hoof van die department van Gesondheid in die Namakwa-distrik, tydens haar gebruiklike Maandagaand-gesprek met die NFM-gemeenskap.

Beukes het met onsekerheid bekendgemaak dat daar angstigheid heers, as gevolg van ‘n toename in siektes en sterfgevalle, veral tussen 17 en 23 Januarie.

“Dit gaan nie heeltemal goed nie, maar dit lyk wel of daar ‘n mate van begrip by mense is, en dat hulle al hoe meer begin om die veiligheidsmaatreëls te volg.”

Tussen 10 en 16 Januarie was daar ‘n totaal van 615 positiewe Covid-19 gevalle aangemeld, tussen 17 en 23 Januarie het die distrik 346 gevalle bevestig, wat dui op ‘n afname van 41.7%.

“Toetsyfers het nie werklik afgeneem nie, maar het redelik konstant gebly.”

Dit wil Beukes voorkom asof die piek begin te daal, want die skole gaan open, mense gaan terugkeer werk toe en vakansiegangers  keer terug huistoe.

Beukes voeg by dat meer mense nou hul maskers dra, en selfs wanneer hulle in winkels is, behou klïente hul sosiale afstand.

Intussen is mediese toerusting by plaaslike hospitale afgelewer, wat verligting gaan bring en die druk gaan verlig, vir gesondheidswerkers, verpleegpersoneel en dokters.

Sy doen ‘n beroep op die gemeenskapslede om mekaar te respekteer, geduldig te wees en mekaar te ondersteun.

“Gemeenskapslede het ‘n manier wat hulle verpleegsters uitvloek en sleg sê”, vertel Beukes.

Die verpleegpersoneel moet nogsteeds hul daaglikse pligte nakom; onder andere immunisering van kindertjies, die omsien van swanger vroue, chroniese pasiente moet hul medikasie kry en siek mense besoek nogsteeds die klinieke daagliks.

“As daar ‘n afname in Covid-19 gevalle plaasvind, moet die gemeenskappe nie dink dat daar ‘n afname van werk is in die gesondheidsfasiliteite nie.

Die werkslading bly steeds dieselfde of verhoog somtyds.”

Elkeen glo dat sy gesondheid sy belangrikste prioriteit is, en die kliniekpersoneel moet aan elkeen aandag gee.

Sy doen op ‘n beroep op die positiewe Covid-pasiente, wat tans isoleer, dat wanneer hulle siek voel en suurstof nodig het, om na-ure ‘n ambulans te bel om hul hospitaal toe te neem.

Covid-uitslae kan nie wegraak , wanneer ‘n toets gedoen word nie.

Aan elke toets word ‘n strepieskode aangeheg, dan gerekordeer en word daarna aan die laboratorium gestuur.

Leave A Reply

Your email address will not be published.