Namakwa – distrik ontvang fase een van vaksinering

"Grootboom het genoem dat daar sekere dele is waar daar KOVID-19 uitbrake voorkom."

0

Die waarnemende distrikbestuurder van die departement van gesondheid, dokter Daniël Grootboom het ’n oorsig gegee van die pandemie in die Namakwa-distrik.

Grootboom het genoem dat daar sekere dele is waar daar KOVID-19 uitbrake voorkom.

Dit bleik asof die breë gemeenskap weereens terug moet gaan na die basiese KOVID-19-protokols o.a: die was van die hande, dra van gesigmaskers en sosiale distansiëring.

In die Namakwastreek word tans tentatiewe uitbrake ervaar in klein plekkies, waar enkele mense  positief toets wat daarop neerkom dat byna die hele plek getoets moet word.

Fase een vaksionering is besig om plaas te vind in Namakwa vir  gesondheidswerkers.

Volgens Grootboom is die distrik nie vêr agter wat die inentings betref nie.

Met die inwerkingtreding van die vaksionering was daar net in groot sentras gefokus soos Grootte Schuur, Tygerberg en Robert Mangeliso Sobukwe in Kimberley, wat later afgewentel is na Medi-Clinic in Upington.

Sesonke het dit moontlik gemaak dat die vaksiennes  ook afgeleë dorpe in die  Namakwa-distrik bereik.

In Namakwa het ons die uitdaging van ver afstande, maar die beplanning van die department is om dit oor ‘n paar dae te versprei, sodat dit ook afgeleë dorpe bereik.

Die departement  verskaf vervoer vir die verste uithoeke vanuit Kuboes, Sutherland, Kleinzee, Onseepkans en daar is  voorsiening gemaak vir alle gesondsheidswerkers.

Alhoewel die neem van die vaksien  vrywillig is het die  meeste van die gesondheidswerkers ingestem.

Soos by enige inentings toon sekere mense teenreaksies.

Mense sal kla van  moontlike hoofpyn, moegheid of lyfseer.

Mense word vooraf ingelig van al die newe-effekte, wat moontlik kan gebeur na die inenting.

Geen ernstige gevalle is tot dusver aangeteken nie.

Gesondheidswerkers verneem ook wanneer die tweede fase van die inentings sal plaasvind.

In fase twee sal daar gefokus word alle essensiële werkers wat sal insluit : onderwysers, polisiebeamptes, sekuriteitsbeamptes, bank-, munisipale -, staatsdiens werkers, werkers op die grense, mens in tronke, aanhoudingsplekke, skuilings, sentrum vir bejaardes, persone in beperkte ruimtes, pensionarisse asook persone bo agtien met onderliggende siektes soos tuberkulose, diabetes, kroniese longsiektes, hartsiektes en MIV Vigs.

Fase drie, sal vir die res die land se inwoners wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.