Namakwa-distrik se Kovid-19 gevalle aan die toeneem

"Sowat 33 160 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 128 aktiewe gevalle."

0

30 Nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangeteken.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (18), Kamiesberg (6), Richtersveld (4) en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 790, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 251 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 76 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

Die kumulatiewe totaal in die provinsie staan op 37 130.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 840.

Sowat 33 160 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 128 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.