Namakwa distrik teken 10 nuwe Covid-19 gevalle aan

30 750 Mense het herstel van COVID-19.

0

In die jongste verslagtydperk van 24uur het die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, bekendgemaak dat die Namakwa distrik 10 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld het.

Die 10 nuwe gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipaliteit (5), Nama Khoi regsgebied (3), en een onderskeidelik vir Karoo Hoogland en Khâi Ma.

Die Nama Khoi regsgebied se Covid-19 totaal is 2 060 met 1 626 genesings.

Tot op hede het die sterftesyfer toegeneem tot 14, en dit laat die regsgebied met 420 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik, se kumulatiewe totaal staan op 3 676, met 3 028 herstellings.

Die sterftes in diè distrik bly onveranderd op 17, wat die distrik laat met 631 aktiewe gevalle.

Die Ministerie van Gesondheid, het 69 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld in die Noord-Kaap, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 705 te staan bring.

Frances Baard het die hoogste aantal nuwe positiewe getalle aangemeld van 21, gevolg deur JT Gaetsewe (14), Pixley Ka Seme (12), ZF Mgcawu (11), en Namakwa (10).

Een Covid-19 verwante sterfte is in die provinsie aangemeld, wat die sterftesyfer tot op 664 te staan bring. Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is  2 289, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 91%.

30 750 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.