Namakwa distrik teken 11 nuwe Covid-19 aan

'Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie staan tot 2 058, waarvan 6 nuwe mense die afgelope 24 uur van die virus herstel het.'

0

In die jongste verslag periode het die Namakwa distrik 11 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld.

7 gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipaliteit en 4 vir die Nama Khoi regsgebied.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 104 , 1 832 genesings en 26 sterftes met 246 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 846, met 3 312 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 32, dit laat die distrik met 502 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr Zweli Mkhize, het aangekondig dat 53 mense positief getoets is vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 363.

JT Gaetsewe het die meeste nuwe positiewe gevalle (15) aangeteken, gevolg deur Frances Baard (14), ZF Mgcawu (11), ZF Mgcawu (7) en Pixley Ka Seme (6).

Daar is geen COVID-19-sterfte in die provinsie aangemeld, wat die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie onveranderd laat op 695.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie staan tot 2 058, waarvan 6 nuwe mense die afgelope 24 uur van die virus herstel het.

Die gemiddelde herstelkoers van die provinsie staan tans op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 577 mense verteenwoordig wat herstel het van COVID-19.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.