Namakwa distrik teken 19 nuwe Covid-19 gevalle aan

Twee Covid-19 verwante sterfte is in die provinsie aangemeld, wat intussen gestyg tot 652.

0

In die jongste verslag wat die Minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, bekend gemaak het, het die Namakwa distrik 19 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld.

Die 19 nuwe gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (9), Hantam plaaslike munisipaliteit (2), Kamiesberg (3) en Richtersveld (5).

Nama Khoi regsgebied se Covid-19 totaal is 2 069 met 1 626 genesings.

Tot op hede is die sterfte syfer 14, en dit laat die regsgebied met 429 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik, se kumulatiewe totaal staan op 3 695, met 3 061 herstellings.

Die sterftes in diè distrik bly onveranderd op 17, wat die distrik laat met 617 aktiewe gevalle.

Die Ministerie van Gesondheid, 81 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld in die Noord-Kaap, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 585 te staan bring.

ZF Mgcawu het die hoogste aantal nuwe positiewe getalle aangemeld van 25, gevolg deur Frances Baard (18), Namakwa (17), JT Gaetsewe (15), en Pixley Ka Seme (6).

Twee Covid-19 verwante sterfte is in die provinsie aangemeld, wat intussen gestyg tot 652.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 2 772, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 90%.

30 159 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.