Namakwa distrik teken 26 nuwe Covid-19 gevalle aan

'Die provinsie het 'n kumulatiewe totaal van 34 203 '

0

In die jongste verslag periode het die Namakwa distrik 26 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld.

11 gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipalitiet ,10 Nama Khoi regsgebied, Kamiesberg 4 en Karoo Hoogland 1.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 094 , 1 791 genesings en 14 streftes met 289 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 780, met 3 271 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 18, dit laat die distrik met 491 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr.Zweli Mkhize, het aangekondig dat 86 mense positief getoets is vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 203.

Namakwa distrik het die meeste nuwe positiewe gevalle (26) aangeteken, gevolg deur ZF Mgcawu (22), Frances Baard (19), JT Gaetsewe (13) en Pixley Ka Seme (6)

Ongelukkig is daar vandag een (1) nuwe COVID-19-sterfte in die provinsie aangemeld, wat die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies tot op 695 te staan bring.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie het tot 2 089 gedaal, waarvan 72 nuwe mense die afgelope 24 uur van die virus herstel het.

Die gemiddelde herstelkoers van die provinsie staan tans op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 417 mense verteenwoordig wat herstel het van COVID-19.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.