Namakwa distrik teken een nuwe Covid-19 geval aan

Die provinsie het 'n kumulatiewe totaal van 34 057 positiewe gevalle.

0

In die jongste verslag periode het die Namakwa distrik 1 nuwe Covid-19 geval aangemeld, wat toegeken is aan die Nama Khoi regsgebied.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 082, 1 730 14 streftes met 338

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 738, met 3 199 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 18, dit laat die distrik met 521 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 18 mense in die Noord-Kaap positief vir COVID-19 getoets het.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 057 positiewe gevalle.

Frances Baard het die meeste nuwe positiewe gevalle aangeteken van 7, gevolg deur Pixley ka Seme (4), JT Gaetsewe en ZF Mgcawu met 3 gevalle onderskeidelik en Namakwa met 1 geval.

Ongelukkig is daar sewe (7) nuwe sterftes wat verband hou met COVID-19 in die provinsie aangemeld.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie het gedaal tot 2 045.

420 mense het van Covid-19 herstel.

Die gemiddelde herstelpersentasie van die provinsie staan tans op 92%, wat ‘n kumulatiewe totaal van 31 317 mense verteenwoordig wat van COVID-19 herstel het.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.