Namakwa Distrik teken een nuwe Covid-19 geval aan

Daar is tans geen nuwe COVID-19-sterftes in die provinsie aangemeld nie.

0

In die jongste verslagperiode het die Namakwa Distrik een nuwe COVID-19 geval aangemeld.

Dit is toegeken aan Karoo- Hoogland plaaslike munisipaliteit.

Die Nama Khoi- regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 076.

1 660 van die gevalle is alreeds genees en 14 sterftes het voorgekom.

Tot op datum is daar 402 aktiewe gevalle van die coronavirus, in die Nama Khoi-regsgebied.

Die Namakwa Distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 728, met 3 105 herstellings en 18 sterftes, wat die distrik laat met 605 aktiewe gevalle.

 

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat 56 nuwe individue positief getoets is vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het nou die 34 000-kerf verbygesteek, wat die kumulatiewe totaal van die provinsie op 34 002 te staan bring.

Die Frances Baard Distrik het die hoogste nuwe, positiewe gevalle naamlik 18, aangeteken.

Dit word gevolg deur ZF Mgcawu Distrik (14), JT Gaetsewe Distrik (12), Pixley ka Seme Distrik (11) en Namakwa met slegs 1 positiewe geval.

Daar is tans geen nuwe COVID-19-sterftes in die provinsie aangemeld nie.

Die provinsiale totale, kumulatiewe sterftes weens COVID-19-komplikasies, bly dus op 680.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie is 2 441, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 91%.

Dit beteken dat 30 879 mense van van COVID-19, herstel het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.