Namakwa-distrik teken onder 10 nuwe Kovid-19 gevalle aan
"Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 820."
‘n Totaal van 7 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld.
Die nuwe gevalle is toegewys aan die Nama Khoi regsgebied (3), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2) en een onderskeidelik vir Khai Mai en Richtersveld plaaslike munisipaliteit.
Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 580, met 3 471 genesings.
Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 1 043 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 29 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.
Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 36 134.
Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 820.
Sowat 32 741 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 571 aktiewe gevalle.