Namakwa-distrik vier Moedersdag op emosionele noot

0

‘n Ma speel ‘n belangrike rol in die lewe van hul kinders en alhoewel een dag in die jaar uitverkies is om moeders te eer en te bederf, moet ‘n ma elke dag gevier word.
Die gemeenskapswerker van Okiep, Dennis Coetzee, het op Moedersdag uitgegaan en vier dorpe gaan besoek in die Namakwa-distrik.
Konstabel Dorothy Swartz verbonde aan die Nababeep SAPD, Radio Nfm se span betrokke by die weeklikse Kopskuifprogram, verskeie lede van Gemeenskapspolisieforum (GPF) , Oom Toekie, soos wat hy bekend staan met sy trekklavier en Ricardo Kermis was deel van Coetzee se uitreikprogram om Moedersdag onvergeetlik te maak vir moeders in Namakwaland.
Moeders ouer as 80 wat identifiseer is was besoek in oa: Bersig, Okiep en Nababeep in die Namakwa-distrik. Weens die KOVID-regulasies kon daar nie byeenkomste plaasvind nie en huis tot huis besoeke was gedoen om die vrouens teen die KOVID te beskerm.
Die fokus van hierdie inisiatief was die belangrikheid van vroue en hul rol in die gemeenskap en die respek vir grootmense wat al hoe meer in ons gemeenskappe ontbreek, by veral jong mense.
Kospakkies was deur Sharon Booys voorsien en uitgedeel en die vrouens.
Daar was gebid vir die senior burgers en oom Toekkie het hul vermaak met sy trekklavier. “Dit was beslis ‘n emosionele ervaring vir baie van hierdie groot moeders in ons gemeenskappe, “ sê Coetzee.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.