Namakwa dokumentêr maak opslae by filmfeeste

 Namakwa dokumentêr maak opslae by filmfeeste

Kokerboom Mediak

Just Grace was geregiseur deur Richie Cloete en vervaardig deur Llewellyn Stevens as ‘n Kokerboom-Media  produksie. Just Grace is ‘n dokumentêr wat die sosio-ekonomiese en sosio-emosionele impak van Kovid-19 op die lewens van gewone mense in Springbok, Namakwaland, ondersoek.

Ons inheemse mense deel hul intieme stories om bewustheid te kweek rondom Kovid-19 aan die gemeenskap sowel as om dit aan  die breër samelewing te versprei.

Cloete het gesê dat hy het opgemerk dat die gemeenskap nie die pandemie ernstig opgeneem het nie.

Om die inligting van die virus by hul eweknie van te hoor en te sien sal  ‘n groter impak hê op die mense van Namakwaland en om hul veilig te hou.

“Benewens die feit dat ons bewustheid kweek wil ons literatuur, dokumentêre films en beeldmateriaal oor Covid-19 skep. Dit gaan ook oor die bou van ‘n argief van inligting,” het Cloete gesê.

Hy voeg by dat dit gaan oor die mense van Namakwaland se betrokkenheid in die deel en op bou van kennis.

Die dokumentêr het tot dusver goeie sukses behaal.

Die film was by twee filmfeeste vertoon (One People International Film Festival en Mbawula Youth Film Festival ) met ‘n derde filmfees hangende.

Cloete sluit af deur te deel dat die terugvoer wat hulle ontvang het was verstommend en het hul verwagtinge  oortref.

Azelle Engelbrecht

Related post