Namakwa-gemeenskappe herdenk Mansdag

0

Internasionale Mansdag wat jaarliks plaasvind op 19 November, fokus op die verbetering van geslagsverhoudinge, die bevordering van geslagsgelykheid, die vervaardiging van verantwoordelike mans en die beklemtoning van positiewe manlike rolmodelle.

Op Mansdag word daar ook gekyk na die aanspreek van kwessies soos ouerskap, positiewe manlike rolmodelle, gesinne en gesonde lewenskeuses vir mans.

Mansdag-vierringe in Namakwaland het reeds op Donderdag, 19 November afgeskop en die vierringe is oor die naweek afgesluit op Bulletrap.

Omtrent 30 mans het verlede Sondag, 22 November, bymekaargekom vir die afsluiting van vanjaar se Mansdag-vierringe.

Dit was ‘n opelug program wat plaasgevind het by die Nama-Khoi dienssentrum op Bulletrap.

Die GPF, die Kopskyf-span, FAMSA, SAPD en iCare was die betrokke organisasies.

’n Opvoering is gedoen en musiek is gespeel om te verseker dat die mans vermaak word.

Die program het voortgegaan deur toesprake en FAMSA het gesels oor ‘Die doel van die man.’

Op Donderdag, 19 November, het die Okiep-gemeenskap Mansdag gevier, “Onder Ou Dee se boom”.

“Konstabel Dorothy Swartz het die polisie verteenwoordig en ook die manne ingelig oor hulle regte as mans.”

Die uitreiking was ’n reuse sukses.

Leave A Reply

Your email address will not be published.