Namakwa het die hoogste daaglikse KOVID-19-infeksies

"Vandag se aangemelde gevalle is die hoogste wat Namakwa ooit op 'n enkele dag aangemeld het, insluitend Nama Khoi regsgebied."

0

Namakwa het die hoogste daaglikse KOVID-19-infeksies in die provinsie aangeteken van 222, gevolg deur ZF Mgcawu (77), JT Gaetsewe (20), Frances Baard (14) en Pixley ka Seme (4).

Vandag se aangemelde gevalle is die hoogste wat Namakwa ooit op ‘n enkele dag aangemeld het, insluitend Nama Khoi regsgebied.

Die distrik se aangemelde gevalle is verantwoordelik vir 65% van die provinsies se nuwe gevalle.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (150), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (41), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (25) en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (6).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 600, met 7 313 genesing, 84 sterftes en diè distrik het 1 203 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 340 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 68 065.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 764.

Sowat 60 755 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 544 aktiewe gevalle.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.