Namakwa se 50-59 jaar kan gereed maak vir inentings

"EVDS beplan ook 'n tweede dosis vir diegene wat 'n eerste dosis Pfizer-entstof 42 of meer dae gelede ontvang het."

0

Die EVDS is reeds besig om inentingskodes toe te ken aan alle persone ouer as 50 jaar wat registreer (op hul eie of deur middel van bystandsregistrasie).

Hierdie EVDS-kodes is geldig vir inentings en alle verskaffers op alle terreine moet enige persone wat ‘n geldige kode het, inent (moet NIE wag tot 15 Julie vir die 50+ bevolking nie)

EVDS het mense van 60 jaar en ouer geskeduleer vir inentings.

Daar is nou begin om mense tussen 50 en 59 jaar in te ent wat hul  teksboodskappe (SMS’e) ontvang het, kan vanaf 5 Julie 2021 hul inenting ontvang.

EVDS beplan ook ‘n tweede dosis vir diegene wat ‘n eerste dosis Pfizer-entstof 42 of meer dae gelede ontvang het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.