Namakwa-skoonheid styf uit in akademiese jaar

"Nie net het die pandemie haar titel beïnvloed nie, maar ook  haar skoolloopbaan."

0

Wanneer jy deelneem aan enige skoonheidskompetisie, is daar verpligtinge verbonde aan dit.

Mej. Tiener 2020/21, Pearl Peddy, kon egter nie haar pligte volstaan toe sy die titeldraer was nie.

Weens die impak van die Kovid-19 pandemie.

Nie net het die pandemie haar titel beïnvloed nie, maar ook  haar skoolloopbaan.

“Die feit dat ons van die rotasie metode by die skool gebruik gemaak het, het ‘n invloed op my skoolwerk gehad. Daar was te min kontaksessies, maar ek het op my eie baie ingesit, sodat ek goeie punte kon behaal,” het Peddy gesê.

Sy wou ook nie hê dat haar titel en Kovid haar akademie beïnvloed nie.

Haar ma is haar grootste inspirasie wat  haar gedurigdeur herinner het van haar potensiaal.

“Aan alle leerders wil ek sê, Hard work pays off. Dit wat jy insit, sal jy uitkry,” voeg Peddy by.

Sy sê dat harde werk lewer goeie resultate en opvoeding breek die sirkel van armoede .

Leave A Reply

Your email address will not be published.