Namakwa teken hoogste Covid-19 gevalle aan in die provinsie

"Daar is 16 nuwe KOVID-19-verwante sterftes gerapporteer."

0

‘n Totaal van 36 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die nuwe gevalle is toegewys aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (19), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (10), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (5) en Nama Khoi regsgebied(2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 479, met 3 420 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 996 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 99 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 783. In die provinsie het Namakwa distrik die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.

Daar is 16 nuwe KOVID-19-verwante sterftes gerapporteer.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 818.

Sowat 32 333 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 630 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.