Namakwa teken meer as 30 nuwe Kovid gevalle aan

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 842."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 35 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (20), Hantam plaaslike munisipaliteit (12), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 829, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 290 aktiewe gevalle.

 

In die Noord-Kaap is 159 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 37 332.

Frances Baard en Namakwa het steeds hoër daaglikse positiewe gevalle, die hoogste gevalle is onderkeidelik 79 en 35.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 842.

Sowat 33 215 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 273 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.