Namakwa teken meeste Covid-19 gevalle in provinsie aan

"Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 36 616."

0

‘n Totaal van 11 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die nuwe gevalle is toegewys aan Nama Khoi regsgebied (10), en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 675, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly 64 en dit laat diè distrik met 1 136 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 28 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

In die jongste verslag het Namakwa die hoogste positiewe gevalle van 11 aangeteken, gevolg deur JT Gaetsewe (8), Frances Baard (6) en ZF Mgcawu (3), terwyl Pixley ka Seme geen nuwe gevalle aangeteken het nie.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 36 616.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 825.

Sowat 32 985 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 804 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.