Namakwa teken weer hoogste Covid-19 gevalle in die Noord-Kaap aan

'Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan op 786 en die aktiewe gevalle op 2 068.'

0

In die jongste verslag periode het die ministerie van gesondheid 14 nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam 7, Richtersveld 5, Nama Khoi regsgebied en Kamiesberg 1 onderskeidelik.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle op 2 113, met 1 832 genesings.

Die kumulatiewe totaal sterftes is 45, met 236 aktiewe coronavirus gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 088, met 3 339 herstellings.

Die sterftes in die distrik staan op 63 en laat die distrik met 686 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mhkize,  het nog 37 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Die provinsie het ‘n kumulatiewe totaal van 34 931 positiewe gevalle.

Namakwa het die hoogste positiewe gevalle van (14), gevolg deur Pixley ka Seme (10), Frances Baard (6), JT Gaetsewe (4) en ZF Mgcawu met 3 gevalle.
(5) nuwe COVID-19-sterftes is gerapporteer, almal van vorige maande as gevolg van vertragings in verslaggewing.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan op 786 en die aktiewe gevalle op 2 068.

16 mense het die afgelope 24 uur van die siekte herstel dit laat die gemiddelde herstelpersentasie van die provinsie op 92%, as ook ‘n kumulatiewe totaal van 32 075 mense is wat herstel het van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.