Namakwa toon laagste Covid-19 syfer in Noord-Kaap aan

Die Nama Khoi regsgebied het ses nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat agt nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die agt nuwe gevalle was in drie munisipale areas bevestig; Nama Khoi (ses), Kamiesberg (een) en Khai Ma (een).

Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied staan tans op 1 782, maar 592  persone het alreeds van Covid-19 herstel.

Volgens die Noord-Kaapse departement van gesondheid se daaglikse verslag, is 14 Covid-19 verwante sterftes tot op hede in die Nama Khoi regsgebied bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 176 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa-distrik het tot op hede 3 073 gevalle van die virus bevestig, en 1 151 herstellings.

17 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 905 aktiewe Covid-19 gevalle.

Intussen het die Minister nog 126 nuwe Covid-19 gevalle in die Noord-Kaap bevestig, wat die kumulatiewe total op 31 084 te staan bring.

“Die meeste positiewe gevalle is in die JT Gaetsewe distrik bevestig (43), gevolg deur ZF Mgcawu (33), Frances Baard (31), Pixley ka Seme (11) en Namakwa (8).”

Vyf (5) addisionele sterftes wat verband hou met Covid-19, is in die jongste verslagtydperk bevestig.

Met hierdie nuwe sterftes staan die totale kumulatiewe sterftes in die provinsie nou op 551.

Die provinsie het tans 4 475 aktiewe gevalle en 26 056 persoene het tot op hede Covid-19 geklop.

Dit dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 84%.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.