Namakwa word nóú beskou as die Noord-Kaap se brandpunt

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het nog 108 mense aangekondig wat positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap.

Met hierdie nuwe gevalle oorskry die provinsie die 26 000-kerf, wat die kumulatiewe totaal op 26 019 positief bevestigde gevalle te staan bring.

Twee voorheen-bevestigde gevalle wat verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegeken is, is van die provinsie se totaal verwyder, as gevolg van deurlopende dataverifiëring.

Namakwa meld onverpoos hoër daaglikse gevalle aan en het die hoogste totaal binne die afgelope 24-uur aangeteken.

“49 Nuwe gevalle is in die Namakwa-distrik bevestig.”

Drie nuwe sterftes is aangemeld as gevolg van Covid-19-verwante komplikasies, wat almal in die afgelope 48-uur voorgekom het.

Die nuwe sterftes het die provinsie se dodetal op 398 te staan gebring.

“Die totale Covid-19 gevalle in die Nama Khoi regsgebied staan nou op 997, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.”

10 Sterftes is bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 550 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 1 571 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

13 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 871 aktiewe Covid-19 gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.