Namakwaland: Oogkundiges bring helder visie na dorpe

0

Met die uitdagings wat gemeenskappe in Namakwaland ervaar om nie by dienste uit te kan komnie , het besighede besluit om hul dienste na die gemeenskappe te neem.

Die bekende Namakwaland en Springbok Oogkundiges in Springbok is tans besig om hul dienste uit te neem en verskeie dorpe te besoek in die Namakwa-distrik.

“Almal verdien kwaliteit oogsorg teen bekostigbare pryse, ongeag waar die persoon bly,” vertel die oogkundige , Tharien Schoeman.

Dorpe wat op die stadium besoek word is onder andere Komaggas, Kleinzee, Port Nolloth, Alexanderbaai en Aggeneys.

Alle Kovid-19 maatreёls sal streng gevolg word by alle plekke wat besoek word, nes dit op kantoor gedoen word.

Schoeman sê dit sluit in dat alle personeel die oggend voor hul vertrek deur siftingstoetse gaan vir enige Kovid-19 simptome, die kantoor word ontsmet voor en na elke pasiёnt, die rame word tussen pasiёnte ontsmet, die pasiёnte gaan deur siftinstoetse vir Kovid-19 simptome en maskers word ten alle tye gedra.Die oogkundiges sal op 24 Augustus, Komaggas besoek.

Ander dorpe se besoekdatums sal nog bekend gemaak word.Tharien sluit af deur te sê: “Ons adverteer wel ons datums in Port Nolloth en Kleinzee gemeenskap se Whatsapp groepe asook op Facebook.”

Persone kan ook hul name op die oogkundiges se lys voeg en hulle sal kontak maak sodra hulle ’n vaste datum het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.