Namakwaland groet nóg een beminde student

0

Die plaaslike kollege-familie asook die breë gemeenskap van Namakwaland, is in rou gedompel na die skielike heengaan van nóg ‘n baie beminde student.

Monique Witbooi (21), oorspronklik van Kharkams, het vanmiddag gesterf.

Foto: Verskaf

‘n Woordvoerder vir Namakwaland Kampus, Werner Whitlow het bevestig dat Witbooi een van die 12 studente was, wat verlede Vrydag in ‘n motorongeluk op die N7, tussen Okiep en Bergsig betrokke was.

“Sy is dieselfde aand in die Kimberley hospitaal opgeneem weens ernstige beserings.”

Hiermee word gemeenskapslede gevra om simpatie en respek aan die situasie te toon.

“Die familie het gevra dat mense nie enige ongegronde en/of sensitiewe uitlatings maak op sosiale media platforms nie.”

Die kampus het ook daarin geslaag om te verseker dat die emosionele welstand van die studente, hul eerste prioriteit te maak.

Whitlow het aan NFM nuus bevestig dat hulle reëlings getref het sodat die studente sielkundige hulp kan ontvang, voor die aanvang van die eksamen-seisoen.

Whitlow sê dat die situasie nog teer is en dat die studente nou meer as ooit, die ondersteuning van die gemeenskap sal waardeer.

Hiermee wil NFM Nuus hul medelye en innige simpatie deel met die Witbooi-familie, Namakwaland Kampus personeel en studente asook die breë gemeenskap van Namakwaland.

Leave A Reply

Your email address will not be published.