Namakwaland Kampus hou gedenkdiens vir ontslape studente

0

Op Woensdag, 26 Augustus het Namkwaland Kampus ’n gedenkdiens gehou ter herinnering aan die twee studente, wat vroeёr die maand betrokke was in ’n motorongeluk en aan hul wonde beswyk het.

Die ouers, vriende, mede studente en Namakwaland Kampus se personeel het die hartseer gedenkdiens van wyle Monique Witbooi en Laurence Januarie bygewoon.

NCR TVET Kollege se raadsvoorsitter, meneer Lekuka Morѐ het ook die geleentheid bygewoon.

Franco Cloete, ’n plaaslike gospel-kunstenaar het die roubeklaers se hartsnare geroer, deur met geestelike musiek te open.

Meneer Werner Whitlow, ’n lektor by Namakwaland Kampus het die program gelei.

Die personeel van die kampus, het seker gemaak dat almal die COVID-19 veiligheidsmaatreëls gehoorsaam volg.

Slegs 48 persone is toegelaat binne in die saal.

“Die kampus het ook spesiale lapmaskers laat maak vir die geleentheid, met Monique en Laurence se name daarop.”

Die maskers is in die saal by die geleentheid uitgedeel.

Hiermee deel NFM nuus hul innige simpatie en medelye met die ontslape studente se families, die kampus-familie en breё gemeenskap van Namakwaland.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.