Namakwaland Kampus nóg volstoom aan die gang met registrasies

Die plaaslike NCR TVET Kollege, Namakwaland Kampus is volstoom aan die gang met registrasies en induksie, van oud en nuwe studente.

0

Die plaaslike NCR TVET Kollege, Namakwaland Kampus is volstoom aan die gang met registrasies en induksie, van oud en nuwe studente.

’n Besigheidstudies-lektor by die Kampus, Werner Whitlow het vertel dat studente van heinde en vêrre nog daagliks kampus toe stroom vir die registrasieproses.

“Bemarkingspanne van die kampus het ’n Registraion Roadshow geloods, en besoeke afgelê in Kuboes, Alexanderbaai en Sandrift, sowel as Kommaggas en Buffelsrivier,” sê Whitlow.

Ouers van voornemende studente het positiewe kritiek en tonne komplimente aan die personeel van die kampus gegee.

Whitlow vertel dat die Kampus-familie baie opgewonde is oor die 2021 akademiese jaar, asook die studente.

Leave A Reply

Your email address will not be published.