Namakwaland talent deur Kokerboom Media blootgestel

0

Die mense van Namakwaland het vele talent en kry gereeld die nodige blootstelling op Radio Nfm se program ‘Jou Storie’, ‘n produksie van Kokerboom Media Produksies.

Die program word elke Vrydae uitgesaai tussen drie en vier op die frekwensie 98.1FM.

Een van die plaaslike kunstenaars, Liam Nutt, woonagtig te Matjieskloof en ‘n leerder op Hoërskool Namakwaland in Springbok, was onlangs ‘n gas op die program.

Hy het sy eerste liedjie opgeneem op die ouderdom van 16.

Hy het deel geneem aan Radio Riverside se jeugprogram waar hy met sy eerste liedjie opgetree het.

Engels is sy huistaal en daarom vind hy dit makliker om daarin te rymklets (rap).

Liam het die waarde van sy digkuns besef en dat dit getoonset kan word deur musiek by te voeg en te verander na rymklets (rap).

“Huidiglik is ek besig met my eerste album en luisteraars kan ‘n meer sagter sy van my verwag met die album, want baie liedjies fokus op liefde.

Ek skryf my eie lirieke en  ek voel dit is meer oorspronglik en sê wat ek soms deurmaak.

Dit is my grootste inspirasie agter my musiek”, het Nutt gesê.

Dit is sy visie om eendag voltyds musiek te kan doen en sy droom is ook om klankingenieurswese te studeer.

Sy Moeder en J-Cole is die twee persone na wie hy opkyk en hulle is die inspirasie agter sy werk as opkomende rymkletskunstenaar

“Ek beskryf geluk as sukses, nie net suskses in myself nie, maar ook in my familie en die mense wat saam met my ‘n pad kan stap in alle omstandighede”, sê Nutt .

Liam Nutt plaaslike “rapper”
Leave A Reply

Your email address will not be published.