Namakwaland verloor bekende boer

0

‘n Bekende boer in Namakwaland, is die afgelope naweek oorlede.

Die 52-jarige Lionel Cloete, ‘n boer en beampte by die Noord-Kaapse Departement van Openbare Werke en Paaie is aan Kovid-19 komplikasies oorlede.

Cloete was wyd bekend vir sy bydrae om bewustheid te kweek oor die impak wat die langdurige droogte in die gebied op boere en voedsel sekuriteit gehad het.

As die onder-voorsitter van die Steinkopf Boere Vereniging het hy gehelp om verskeie voerskenkings en bydraes as droogtehulp vir boere te bewillig.

Lionel was altyd gereed om die media te woord te staan op kort kennisgewing.

Die gemeenskap van Steinkopf, sy kollegas en die landbou-bedryf het ‘n steunpilaar verloor.

Hy laat sy vrou Liesl, twee kinders en twee kleinkinders na.

Leave A Reply

Your email address will not be published.