Namakwalanders gemaan om inperkingsregulasies te gehoorsaam

0

Die distrik-hoof van die departement van gesondheid in die Namakwa-Distrik, Dina Beukes, maan Namakwalanders om steeds inperkingsregulasies na te kom, alhoewel die land op vlak 1 van inperking is.

Tydens ’n onderhoud op NFM 98.1 gisteraand, het Beukes gesê dat “dit nog te vroeg is om fees te vier in die Noord-Kaap.”

“Die besluite met betrekking tot die afname in vlakke, is geneem in ’n tydperk waar die regering hoop dat die inligting oor COVID-19 by elke landsburger uitgekom het.”

“Elke landsburger moet nou besef dat almal ’n verantwoordelikheid tenoor die bekamping van die virus het.”

Alhoewel daar ’n groot daling in die land se COVID-19 syfers is, is daar individuele areas waar gevalle onophoudelik styg.

Beukes vra dat inwoners hul kant moet bring en hul bes doen, om nie n gevaar te wees vir ander nie.

In die Namkwa-distrik word geen skerp opwaartse nyging van gevalle opgemerk nie.

Die sub-distrikte se gevalle styg egter steeds alhoewel dit redelik stadig styg.

Nama-Khoi regsgebied bly die brandpunt in die Namakwa Distrik, daarom moet Namkwalanders die vier goue reёls gehoorsaam:

  1. Gereelde dra van maskers.
  2. Gereelde ontsmetting van hande en werksareas.
  3. Sosiale distansieëring
  4. Respiratoriese etiket.
Leave A Reply

Your email address will not be published.