Namakwalanders het gepraat met hul kruisie op 01 November

"In die breër Namakwaland het kiesers ook uitgegaan om hul kruisie te maak by die kandidaat en politieke party wat hul belange moet uitdra om ‘n daadwerlike verskil te maak."

0

As jy nie stem nie kan jy nie agterna kla nie – dit was die slagspreuk die afgelope tyd deur verskeie mense op hul sosiale mediaplatforms om mekaar aan te moedig om hul stemme op 1 November uit te bring.

In die breër Namakwaland het kiesers ook uitgegaan om hul kruisie te maak by die kandidaat en politieke party wat hul belange moet uitdra om ‘n daadwerlike verskil te maak.

Radio Nfm nuus het van ‘n betroubare bron die vooorlopige uitslae ontvang.

Die voorlopige uitslae vir die Namakwa-distrik is tans bekend en as volg:

Die wyksuitslae was die ANC voor, kort op hul hakke die DA, gevolg deur die EFF, COPE, NCM, NEF, ATM en die VF+.

In die Richerstveld is die voorlopige uitslae tot dusver met: ANC wat al 6 wyke wen met 2 116 stemme, die DA 1 379, EFF 329, NCM 193, NEF 293, VF Plus 94.

Volgens die Verkiesingskommisie het alles seepglad verloop by die stemlokale in die Noord-Kaap met geen gevalle van geweld of intimidasie aangemeld nie.

Radio NFM sal luisteraars gereeld op hoogte hou soos die uitslae deurgegee word.

Radio NFM bedank ook die luisteraars wat in groot getalle uitgegaan het om hul kruisies te maak.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.