Namakwalanders verwerf kykNET Fiёsta- Toekennings

'Beste teaterontwerp, beste regie, beste nuut geskrewe teks, beste musiekgedrewe produksie en beste Feesproduksie is die pryse wat Balie los geslaan het.'

0

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 uitstaande optredes in die uitvoerende kunste.

Hierdie jaar was die 11de jaar van die Fiёsta-toekennings en die eerste voorafopgeneemde program wat op Sondag 7Maart om 20:00 uitgesaai was.

Verskeie kunstenaars was vereer oa: Garage Dance Ensemble vir die beste aanlynfeesprojek, ‘Dans van die Heenkoms’.

‘Garage’ is ‘n dansmaatskappy vanaf Okiep in die Noord-Kaap wat innoverende teater van wêreldgehalte skep en vaardigheidsopleiding bied.

Alfred Hinkle betrokke by ‘Garage’ is daar ’n groot groep mense betrokke wat bygedra het tot die verwerwing van hulle toekenning.

Nog ’n Namakwalander wat behoorlik sy merk gemaak het op die Fiёsta verhoog is Dean Balie.

Die Poet, wie’s hy?, is ’n produksie uit die pen van Dean wat vyf Fiёsta-toekennings verwerf het.

“Ek was bevoorreg om met meesters van klank te werk, met baie unieke instrumente.

Elke stram op die kitaar is net so belangrik soos die kap op ‘n blikkie of die blaas van ‘n fluit,” vertel Balie trots.

Beste teaterontwerp, beste regie, beste nuut geskrewe teks, beste musiekgedrewe produksie en beste Feesproduksie is die pryse wat Balie los geslaan het.

Balie was ook een van drie jong kunstenaars wat met die Sinjatuur-toekenning verras was.

Hierdie toekenning gaan aan kunstenaars vir hul merkwaardie prestasies in hul veld en wat al hoogtes in hul beroep bereik het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.