Namakwalandse drama student wil haar talent terugploeg

"“Sukses is harde werk en ‘n vereis ‘a  never give up attitude”

0

Michay van Wyk, ‘n kunstenaar van Steinkopf, is ‘n derde jaar dramastudent by die Universiteit van Stellenbosch.

Haar boodskap vir jongmeisies vir vrouemaand is: “Wees lief vir jouself, sien jou eie potentiaal en wees vol selfvertroue, maar nie arrogant nie”

Van Wyk het besluit om ‘n aktrise te word.”Ek is gebore om aktrise te word “,sê sy.

As daar enige beroep is wat sy kon kies, behalwe die musiek en kunstebedryf sal dit defnitief praat behels.

Sy het ‘n passie daarvoor om stories te vertel en uit te beeld ,maar sy geniet die krag en impak wat dit lewer.

Haar grootste droom is om eendag terug te ploeg in haar gemeenskap deur vir meer plaaslike en jong opkomende Namakwalanse kunstenaars geleenthede te skep.

Haar uniekheid word toegeskryf aan die feit dat sy ‘n Namakwalander is en sommer lekker plat praat.

Voltydse studente mag nog nie profesioneel optree nie, maar die universiteit se drama department bied fantastiese geleenthede vir alle studente aan om hul kreatiwiteit uit te leef.

Onlangs het sy het deel geneem aan die produksie “At her feet”, geskryf deur Nadia Davids at handel oor Moslem-vrouens.

Sy sê dat sy dit vreeslik geniet het en dat dit weer vanaf die 13 – 18 September by die The Adam Small Theatre Complex by Stellenbosch Universiteit gaan plaasvind.

Die drama departement het ook ‘n ongelooflike inisiatief begin, waar daar geleenthede vir studente gebied word om hulle eie produksies te skryf en op die verhoog te bring.

Sy was betrokke by twee produksies waarvan een uit haar eie pen kom en het ook  waarvan sy ook die  regie van ‘n produksie behartig het.

Kykers kan na hierdie produksies van feesweek aanlyn gaan kyk op Youtube onder die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

“Sukses is harde werk en ‘n vereis ‘a  never give up attitude”, sê sy en bemoedig die jeug wat toneelspel wil volg as volg.Doen deeglik navorsing moet nie te twyfel in jouself nie”, sluit Van Wyk af.

Leave A Reply

Your email address will not be published.