Namakwalandse skoonhede skop 16 Dae van aktivisme af voor NFM

0

Die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders, is ‘n internasionale veldtog om veiligheid vir die mees kwesbaartste mense, in alle gemeenskappe te verseker.

Die veldtog duur elke jaar vanaf 25 November, wanneer Internasionale dag vir die Uitskakeling van geweld teen Vroue herdenk word, tot 10 Desember, op Internasionale Menseregtedag.

Namakwalanders het gister begin om die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld herdenk, deur ‘n samekoms te behartig voor Radio NFM 98.1.

Die hoofrolspelers in die verrigtinge was mej. Tiener, mej Namakwaland, FAMSA, die Kopskuif-span en die plaaslike polisie.

Die volgende program vir geslagsgebasseerde geweld sal op 29 November plaasvind, op Steinkopf.

Mej. Tiener 2020/21, Pearl Paddy, sal hierdie verrigtinge op haar tuisdorp behartig.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.