Namaqualand Academy of Performing Arts brei uit!

0

Die stigter van Namaqualand Academy of Performing Arts (NAPA), Marconé Wiese, beplan om haar dansskool verder in die streek uit te brei.

Die verruklike dans-onderwyseres is deel van die Imperial Society of Teachers of Dancing (ISTD).

“Tot op hede, het Wiese net kinders tussen die ouderdomme van drie- tot ses-jaar op Springbok afgerig.”

Wiese vertel dat die tyd egter aangebreek het om NAPA se horisonne te verbreed.

Sy het haar studies voltooi by die Waterfront Theatre College in Kaapstad en daarna het sy getrou en, haar lewe gewy aan haar gesin.

Wiese het klein begin, maar nadat sy besef het hoe groot die aanvraag is in die Namakwa-Distrik, het sy besluit dat dit tyd is om uit te brei.

Wiese sal in vennootskap tree met Wendy Reinhardt, ook deel van ISTD, om NAPA uit te brei.

Die dansskool sal in 3 fases opgedeel word afhangende van die belanstelling.

In Fase 1 sal voorskoolse leerders begin om klassieke ballet en kontemperêre dans te leer.

Persone wat nie wil oefen nie, maar steeds fiks wil bly en ’n kreatiewe stokperdjie wil aanneem, sal onder Fase 2 val.

Fase 3 is vir diegene wat uiteindelik smag na ’n profesionele beroep in uitvoerende kunste.

Wanneer die persone gereed is, sal hulle dan na die Waterfront Theatre School gestuur word en ’n vier-jaar tersiёre kursus doen.

Na die vier-jaar kursus, sal die persone geleenthede ontvang om in die veld te werk.

Juffrou Marconé Wiese kan gekontak word by 072 156 9406.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.