Nege nuwe COVID-19 gevalle in Nama Khoi bevestig
Die Minister Van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister nege nuwe gevalle van COVID-19, vir die Nama Khoi regsgebied bevestig.
Die Nama-Khoi regsgebied het tot op hede 438 gevalle van die virus bevestig.
331 Persone het ten volle herstel van COVID-19.
“Die Nama-Khoi regsgebied het 102 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Die Minister het nog 95 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.
Dit bring die kumulatiewe totaal, op 22 007 positief bevestigde gevalle te staan.
Die provinsie se totale aantal herstellings staan tans op 18 087.
“Ongelukkig het 266 persone, weens COVID-19 in die provinsie gesterf.”
Dit laat die Noord-Kaap met 3 652 aktiewe gevalle van die virus en ‘n herstelkoers van 82%.

In Suid-Afrika was daar 1 371 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle op 726 823 te staan bring.
Die land se dodetal het 19 411 bereik, nadat 135 nuwe COVID-19 verwante sterftes bevestig was.
Die herstelsyfer het intussen tot 655 330 gestyg, wat dui op ‘n nasionale herstelkoers van 90%.