Nege nuwe Covid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

Ses nuwe COVID-19-sterftes is in die provinsie aangemeld .

0

In die jongste verslag periode het die Namakwa distrik 9 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied met 5 en een onderskeidelik aan Karoo Hoogland, Kamiesberg, Hantam en die Richtersveld plaaslike munisipaliteit.

Nama Khoi regsgebied se totale Covid -19 gevalle is 2 081, 1 660 genesings, 14 streftes met 407 aktiewe gevalle.

Die Namakwa distrik se kumulatiewe totaal staan op 3 737, met 3 105 herstellings. Die sterftes in die distrik staan op 18, dit laat die distrik met 614 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het 38 nuwe positiewe gevalle aangekondig in die Noord-Kaap.

Die provinsie staan nou op 34 039 positiewe Covid-19 gevalle.

Die ZF Mgcawu Distrik het tans die hoogste nuwe, positiewe gevalle naamlik 13, aangeteken.
Dit word gevolg deur Namakwa Distrik (9), Pixley ka Seme Distrik (8), Frances Baard (5) en JT Gaetsewe Distrik (3).

Ses nuwe COVID-19-sterftes is in die provinsie aangemeld .

Die provinsiale totale, kumulatiewe sterftes weens COVID-19-komplikasies staan op 686.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie is 2 454.

Dit beteken dat 30 879 mense van van COVID-19, herstel het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.