By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 16 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Twee mans vas vir die die besit van onwettige plantspesies
Die
Trust vir Bedreigde Natuurlewe-plantopsporingshond "Delta" wat
opgelei is om vetplante op te spoor, het sy opleiding tydens 'n polisie-optrede
in Springbok vertoon waar twee mans persone gearresteer is vir die onwettige
besit van 1760 bedreigde plante.
'n
Multi-dissiplinêre operasie is gehou op Vrydag, 13 Oktober 2023 om ongeveer
middernag.
“Die
polisie het 'n goue VW Polo gestop en deursoek en met die hulp van die K9-Delta
beslag gelê op 'n sak Conophytum subterraneum plante en die motorvoertuig,” het
polisiewoordvoerder Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Die
twee mans is gearresteer en aangekla ingevolge die Noord- Kaapse
Natuurbewaringswet 9/2009 Art 50 & 51 vir die onwettige besit van bedreigde
plante en sal binnekort in die hof verskyn.