By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 23 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Uitvoerende burgemeester van die Namakwa distrik motiveer leerders
ANC Namakwa onder die leierskap van mnr. Mervin Cloete het
by burgemeesters, speakers, raadslede, hoofswepe, regeringsontplooiers en
vrywilligers oor die hele streek aangesluit om leerders in meer as 20 hoërskole
te motiveer.
“Onderwys is 'n maatskaplike projek, vandaar die behoefte
om saam te werk met gemeenskappe, die burgerlike samelewing, ouers, skoolbeheerliggame,
Skoolbestuurspanne en Opvoeders om 'n stewige grondslag vir kwaliteit onderwys
te bou. Ons as Namakwa het verlede jaar tweede beste geëindig in
alle distrik, ons moet ons topstop herwin,” het Cloete gesê.
Die ANC het hierdie jaar R250 miljoen gemaak aan Noord-
Kaapse se leerders, en die premier het R50 miljoen se studente skuld afgeskryf.
Related News