By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 31 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Cloete spreek opregte dank en waardering uit aan die Noord-Kaap Provinsiale Regering
Die Uitvoerende Burgemeester van die
Namakwa-distriksmunisipaliteit, wil graag sy opregte dank en waardering
uitspreek aan die Noord-Kaap Provinsiale Regering, insluitend die premier, Dr.
Zamani Saul, vir hul onophoudelike toewyding aan die jeug en die gemeenskap.
“Ons sien met groot verwagting uit na die bekendstelling
van die Bereka Mosha-program en glo dat dit 'n suksesvolle en positiewe impak
op ons gemeenskap sal hê,” het Cloete gesê.
Cloete wil die jongmense aanmoedig om hierdie geleentheid
te omhels en hul beste pogings aan te wend om van hierdie program te leer en te
groei.
Hierdie is 'n deurbraak in hul lewe, en die distrik glo dat
dit die jeugdiegs kan help om hul drome waar te maak en 'n betekenisvolle
bydrae aan die samelewing te lewer.
Related News