Die Namakwa Distriksmunisipaliteit is opgewonde om aan te kondig dat die Beleggingskonferensie weer op dreef is. Na 'n kort vertraging is hulle meer vasbeslote as ooit om Namakwa se ekonomiese groei na nuwe hoogtes te neem en 'n platform te bied vir beleggers om hul belangstelling in die dinamiese distrik uit te spreek. Die Nuwe datums is  20 en 21 November 2023. Hierdie twee dae beloof om gevul te wees met waardevolle insigte, netwerkgeleenthede en opwindende besprekings. “Hierdie jaar sal die konferensie ten volle toeganklik wees vir 'n wêreldwye gehoor. Ons neem die geleentheid virtueel, sodat almal vanuit die gemak van hul huise of kantore kan kyk en inluister,” het die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete gesê.