By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 13 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Noord-Kaapse departement van onderwys vier 71ste Mayibuye-opstand
Noord-Kaapse
departement van onderwys in vennootskap met die departement van kuns en kultuur
het gister die 71ste Mayibuye-opstand in Galeshewe, Kimberley, herdenk.
Die hoofdoel van
die herdenking is om die helde en heldinne te vereer wat onbaatsugtig bygedra
het tot die bevrydingstryd van die land.
Intussen is dit
deur sulke viering wat ook groot bewustheid onder hoërskoolleerders gekweek word
oor hul plaaslike leiers.
Leerders van die
plaaslike hoërskole in Kimberley het aan hierdie opwindende opvoedkundige
program deelgeneem.