By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 26 Apr 2024
Language: Afrikaans
Category: Health
Laaste been van die provinsiale TB-gesprekke het in Okiep plaasgevind
Die laaste been van die
provinsiale TB-gesprekke met verskeie belanghebbendes het gister in Okiep, in
die Namakwa-distrik plaasgevind. Deelnemers van Nama Koi plaaslike
munisipaliteit, godsdienstige leiers, tradisionele gesondheidspraktisyns,
tradisionele leiers en nie-regerings organsisaies het bygewoon. Die dialoog het
gesien hoe die gesondheidsdepartement vordering gemaak het met betrekking tot
die uitdagings wat nog in die gesig gestaar word, stigma ervaar en
gesondheidsgapings wat bestaan en hoe die departement dit die beste kan
aanspreek deur die beste praktyke. “Die verantwoordelikheid lê uiteindelik by
onsself en mense wat met TB leef in die stryd om TB te beëindig,” het die
departement gesê.
Related News