By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 20 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Nfm maak gereed vir haar laaste politieke debatte voor die verkiesing wat volgende week plaasvind
Politieke debatte is noodsaaklik vir demokrasie, wat 'n
platform bied vir kandidate om hul standpunte te verwoord, interaksie met die
deelnemers te het oor belangrike kwessies en dit help die kiesers om ingeligte
besluite te neem, vir watter party om te stem in die opkomende verkiesing wat
gaan plaasvind op 29 Mei 2024. Radio Nfm het die afgelope maand begin met haar
politieke debatte wat tot op hede sukses opgelewer het. Nfm het begin in die
Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, gevolg deur Khâi Ma, Richtersveld en die
Kamiesberg munisipaliteit. Wat algeneem voorkom in die munisipaliteite is dat
dienslewering ‘n uitdaging is. Radio Nfm gaan op Donderdag, 23 Mei haar laaste
politieke debat aanbied.
Related News