By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 20 May 2024Language: AfrikaansCategory: Health
Internasionale Verpleegstersdagvieringe gehou ter ere van die verpleegsters in die Noord- Kaap
Die
Verpleegpersoneel by Dr Harry Surtie Hospitaal in Upington, in die ZF Mgcawu
Distrik en Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley, in die Frances
Baard Distrik het hul Internasionale Verpleegstersdagvieringe gehou ter ere van
die ruggraat van die mediese gemeenskap. Die vieringe is gehou onder die tema
"Our Nurses Our Future." Internasionale Verpleegstersdag word op die
12de Mei gevier wat die herdenking is van die stigter van hedendaagse
verpleegkunde, Florence Nightingale, se verjaardag. Dit is 'n ode aan die
grootste gesondheidsorgprofessie ter wêreld.