By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 24 May 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Laaste politieke debat van Nfm laat gemeenskap twee keer dink
Radio NFM het gister haar finale politieke debat aangebied
wat plaasgevind het in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se klubhuis op
Springbok. Die emosies het vanaf die begin tot aan die einde van die debat hoog
geloop. Gemeenskapslede en politieke ondersteuners het in hul getalle opgedaag
om te deur te gee wat hulle te wagte is met die opkomende verkiesing. Die
Namakwa-gemeenskappe is gegun om van die platform gebruik te maak om vrae te
stel oor vuurwarm sake wat met plaaslike dienslewering verband hou - aan die
plaaslike politieke leiers in die debatpaneel. Dit kom met die opvolg van
Suid-Afrikaners oppad die stembusse op 29 Mei vir die nasionale en provinsiale
verkiesings.