Premier Dr. Zamani Saul is verkies as die premier van die 7de administrasie, deur die lede van die Provinsiale Wetgewer. Die intreerede, gaan vandag plaasvind, en lui die suksesvolle oorgang na 'n nuwe administrasie in. Op hierdie dag sal die premier 'n toespraak lewer wat die visie en bedoeling van hierdie administrasie tydens hul ampstermyn uiteensit.