Provinsiale Tesourie het gister die
Kamiesberg plaaslike munisipaliteit se nuut saamgestelde Munisipale Openbare
Rekeninge Komitees opleiding gegee. Hierdie sessie was vrugtevol en word daar
vertrou op ‘n suksesvolle komitee. Tydens die Plaasliks Arbeidsforum vergadering in die munisipaliteit was die Menslike Hulpbronne beleide behandel en die insae van die werknemers was ook behandel.