Die premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, kondig die aanstelling van mnr Zolile Monakali as die politieke adviseur van die premier in die kantoor van die premier aan. Monakali bring 'n magdom politieke en administratiewe ervaring na die kantoor van die premier. Sy bydrae sal waarde toevoeg tot die Premiers-veldtogte om dienslewering tot voordeel van die mense van die Provinsie te versnel en te verbeter. Mnr. Monakali het 'n Sekondêre Onderwysersdiploma, 'n BTECH-graad in Onderwysbestuur, 'n Nagraadse Diploma in Openbare Bestuur en 'n Meestersgraad in Publieke Administrasie.