By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 30 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Vedanta Zinc International reik uit na Pofadder Huis vir bejaardes
Vedanta Base Metals
se uitvoerende hoof en finansiële hoof saam met hul afvaardiging was verwelkom
deur Vedanta Zinc International hoofbedryfsbeampte, Khâi-Ma-burgemeester en
wyksraadslid saam met die Black Mountain Complex-ontwikkelingsafdeling by Huis
Sophia (Tehuis vir bejaardes) in Pofadder.Die span was gehuisves deur Luchelle Marx, Bestuurder: Administrasie vir die Huis. “Saam, in die gees van Mandela-maand, het hulle die bejaardes in warmte toegedraai met die komberse wat deur ons kollegas en Besigheids vennote geskenk is, as deel van die aflewering aan die begunstigdes. Huis Sophia-inwoners spog nou met nog 70 komberse vir hul 23 inwoners” het Vedanta gesê. Khai-Ma-burgemeester, me. Estella Cloete het die VZI-span geloof dat hulle altyd na die Khâi-Ma-gemeenskap omsien. “Vedanta beteken so baie vir ons. Julle het nog altyd gegee en bygedra, en ons is dankbaar as die raad en gemeenskap vir Vedanta. Selfs die klein bydraes gaan ’n lang pad,” het Cloete gesê.
Robin-Lee
Milford doen verslag – CLIP
Intussen het Vedanta Base Metals Hoof uitvoeredende
beampte, Chris Griffith by hul Black Mountain-kompleks het ‘n opwinde week
aangebied. Dit was ‘n dried ae besoek wat samewerkend en boeiende was. Dit vorm
deel van sy kwartaallikse terreinbesoeke, met inspirerende gesprekke om die werkplek
te bevorder, gemeenskappe en die planeet vir goed te transformeer
Related News