By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 07 Aug 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Kamiesberg burgemeester doen oorsoek besoek aan entiteite op die dorp
Die
Burgemeester van die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit me. Susarah Nero, en
Lid van Parlement, Agbare Erald Cloete, het ‘n oorsig besoek gedoen in
Kamieskroon, wat afgelê was by die plaaslike Suid- Afrikaanse Polisiediens,
kliniek en laerskool. Tydens die besoek kon hul vasstel wat die uitdagings is
waarmee hierdie instansies mee sukkel, sowel as die hoogte punte wat die
instansies bereik het die afgelope tyd. Die
besoek sal kwartaalliks gedoen word om evaluering en monitering daar te stel.